Boereplaas Winkel

Boereplaas is tans beskikbaar by verskeie kleinhandelaars, kunsmarkte, agente en deur pos- en koeriersbesending.

BOEREPLAAS Pryse:
R330 vir ‘n Boereplaas speletjie

Jy kry hiervoor die volgende:
• ‘n Stewige boks en deksel.
• 6 speelborde (of plase) in volkleur.
• 60 volkleur kaartjies met boerdery gewasse, vee & implemente.
• 72 speelkaartjies in verskillende kleure.
• 148 glans geld note in denominasies van R500, R200, R100, R50, R20 en R10.

R130 vir ‘n Boereplaas Uitbreidingstel 1

Jy kry hiervoor die volgende:
• Addisionele speelkaarte (72 kaartjies) – lekker interaksie tussen spelers en groter uitdagings.
• ‘n Boereplaas kaartjie houer met drie vakkies, om jou Boereplaas kaartjies mooi te orden tydens die spel.
• Drie verskillende stelle reëls om by spelers oud en jonk te pas: strategiese spel, gewone spel en blits spel.

R130 vir ‘n Boereplaas Uitbreidingstel 2

Jy kry hiervoor die volgende:
• Addisionele speelkaarte (72 kaartjies) – lekker interaksie tussen spelers en groter uitdagings.
• ‘n Boereplaas kaartjie houer met drie vakkies, om jou Boereplaas kaartjies mooi te orden tydens die spel.
• 74 addisionele geld note in denominasies van R500, R200, R100, R50, R20 en R10.

Beperkte Uitgawe Boereplaas (Landbouweekblad)

Kontak ons gerus by info@boereplaas.com om meer uit te vind oor die Spesiale Landbouweekblad 100 Boereplaas ter viering van Landbouweekblad se 100-jarige bestaan.

Koeriersdienste:

R60 (vir een of twee speletjies/uitbreidingstelle – landswyd)
R100 (vir drie tot 6 speletjies/uitbreidingstelle – landswyd)
Boereplaas kan ook na ‘n Postnet winkel naby u gestuur word @R120 vir een tot 3 speletjies/uitbreidingstelle.

Posdienste:

As u in Alldays, Mtubatuba of Kamieskroon woon: moenie bekommer nie!
Boereplaas kan na u posbus of naaste Poskantoor versend word (dis nou as die Poskantoor nie in een of ander staking betrokke is nie!).
R70 (vir een of twee speletjies/uitbreidingstelle – landswyd)
R120 (vir drie tot 6 speletjies/uitbreidingstelle – landswyd)

Bestellings:

Vul vorm in

 

Verification

NB: Dui asb aan Uitbreidingstel 1 of Uitbreidingstel 2 of beide onder Uitbreidingstelle

*Sodra u inligting ontvang is, word ‘n pro forma faktuur uitgereik wat gaan insluit die pos- of koeriersdienste gelde.
Sodra die direkte bankoorbetalings (eft) ontvang word en in die bankrekening reflekteer sal die Boereplaas speletjie aangestuur word.