Die doel van Boereplaas is om besluite te neem oor jou boerdery, sodat jy maksimum wins verkry en genoeg geld bekom om jou plaas (bord) EERSTE met prentkaartjies te voltooi.

Ontmoet vir Oom Sakkie, die grootste niksnuts wat ongelukkig jou plaas bestuur! Hy kan niks regdoen nie. Hy leen jou (die boer) voertuig en gooi petrol in jou diesel bakkie en stamp die bakkie as hy dorp toe gaan. Hy leen ook geld en dobbel alles uit by die casino. Hy is ‘n totale ramp! Ongelukkig het jy vir oom Sakkie nodig om jou boerdery aan die gang te kry.
Soos met enige bordspeletjie is daar sekere reëls waarvolgens die spel gespeel word. Hier ’n paar hoofkenmerke van Boereplaas:

Spelers
Spelers vanaf so 6 jaar kan deelneem. Tieners, jongmense en grootmense speel net so lekker BOEREPLAAS! Dit is ‘n spel vir oud en jonk en die ideale spel vir families.
Die spel kan deur 2 tot 6 spelers gespeel word. Een van die spelers (of ‘n person wat nie deelneem aan die spel nie), kan as die Bankier van die Boere Bank funksioneer.
Tydsduur
Die tydsduur van die spel is ongeveer 30 tot 60 minute
• Kry ‘n groot tafel met genoeg sitplek vir elke speler, plek vir sy bord en geld wat deur die bank voorgeskiet word. Elke speler kry een bord (wat ‘n plaas verteenwoordig).
• Die Bankier (een van die spelers) deel nou die volgende geld uit aan elke speler: 1xR500; 2xR200; 4xR100; 4xR50; 4xR20; 5xR10 vir ‘n total van R1,630.
• Al die kaartjies word deurmekaar geskommel (prent- en opdragte kaartjies) en in die middel van die tafel geplaas.
• Een speler begin die spel en trek dan die boonste kaartjie uit die geskommelde kaarte.
• Die opdragte kaartjie se opdragte moet uitgevoer word, terwyl die prentkaarte (opsioneel) aangekoop kan word indien dit opgetel word.
• Betalings moet aan die Boere Bank deur die Bankier gedoen word, tensy die kaartjie ‘n ander opdrag gee.
Toebehore
Die toebehore vir die spel bestaan uit 6 borde (of plase); 132 kleurkaartjies (gewasse, vee & implemente) en geldkaartjies met ses denominasies.
Die borde verteenwoordig verskillende Boere wat elkeen op ‘n plaas met gemengde boerdery moet boer. Daar is ses plase met die volgende lekker Afrikaanse Boere- en plaasname: Oom Peet van Swerwersrus; Oom Anton van Vrekgesukkel; Oom Hennie van Rooikraal; Oom Dawie van Volstruiskop; Oom Sarel van Blesbokvlakte en Oom Gerrie van Rysmierbult.
Elke bord het plek vir 10 kleurkaarte wat elkeen teen ‘n prys aangekoop kan word: Oom Sakkie, die plaasvoorman @ R20; Die Plaashuis, oftewel woning op die Boer se plaas @ R1500; Trekker @ R460; Beeste @ R300; Hoenders @ R80; Mielies @ R200; Koring @ R120; Aartappels @ R80; Vrugte @ R60 & Groente @ R40.

All Rights Reserved - Designed by
Alle Regte Voorbehou Boereplaas - Designed by Imagine Mobile (Pty) Ltd T/A Eazi-Apps